In hierdie video kyk ons na ’n kerk in Rustenburg en toets ons dit wat daar gebeur aan die Woord van God.
Ons ondersoek onder andere praktyke wat sterk ooreenkomste met Kundalini-verskynsels toon, onbeheerde lag en ander sogenaamde “geestelike manifestasies”. Is dit werklik die werking van die Heilige Gees — of word mense mislei deur ervarings wat nie Bybels getoets word nie?
Die Bybel waarsku ons om nie elke gees sommer te glo nie:
📖 “Beloved, believe not every spirit, but try the spirits whether they are of God…” — 1 John 4:1
Hierdie video is nie ’n aanval op individue nie, maar ’n kritiese ondersoek van openbare leringe en praktyke in die lig van die Skrif. Kyk self na die materiaal, vergelyk dit met die Bybel en besluit of hierdie dinge werklik Bybels verdedig kan word.
Alles moet deur die Woord getoets word

Aan die einde van die dag moet ons God immers in gees en waarheid aanbid, en ek stem saam dat wat in hierdie video gebeur, nie Bybelse aanbidding is nie. Ons almal wil God op die regte manier dien. Soos Paulus skryf in Romeine 12:1: "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewendige, heilige en vir God welbehaaglike offer, dit is julle redelike godsdiens". Selfs as Pinkster- of charismatiese gelowiges is ons doelwit om 'n offer te bring wat vir God aanvaarbaar is, en hierdie oordaad is dit beslis nie.
Ons kan die Bybelse gebruik van tale en profesie as geestesgawes bespreek en toets, want dit het 'n skriftuurlike grondslag. Maar buitensporige gelag en verlies aan selfbeheersing is nie in die Skrif nie, dit is nie eens die "juigende geluid" waarvan die Psalms praat nie. Dankie dat jy die lyn duidelik trek waar die Skrif dit trek.
Maar ek moet its se, wees egter net versigtig om nie self aan isogese skuldig te maak wanneer jy Skrifgedeeltes op hierdie praktyke toepas nie. In 1 Korintiërs 14:40 gebruik jy 'n vers wat spesifiek die goeie orde van die erediens en die regulering van geestelike gawes hanteer, en verhef dit tot 'n dogmatiese definisie wat jou eie Baptiste-liturgiese voorkeur weerspieël eerder as die Nuwe-Testamentiese konteks van Korinte. Net so is die waarskuwing in 2 Johannes 1:7–11 gerig teen die ernstige ketter van mense wat die fisiese koms van Jesus ontken het, en dit is 'n verdraaiing van die teks se oorspronklike bedoeling, sensus literalis, om hierdie kern-dwaalleer summier toe te pas op 'n kerk se swak liturgiese tegnieke.
Om tegniese misstappe en heidense praktiese te onderskei vereis suiwer eksegese sonder om 'n logiese valstrik te trap deur oppervlakkige kulturele ooreenkomste outomaties as teologiese oorsake te diagnoseer.
Weer eens dankie jy alle Pinkster- of charismatiese kerke onder dieselfde kam geskeer het nie. Dit sou ons net weer terugvat in ons stalemate argumente in Handelinge 2 :hand-orange-covering-eyes: