Ag dr Isak ek is 84 en oor die tydlyn en haastig om huis toe te gaan. Het baie jare in dr Lemmer du Plessis se gemeente orrel gespeel. Nie depressief nie..het God te lief....
Dankie Dr.Isak vir hierdie leersame en ernstige waarskuwende gesprek,ons lewe nog so asof daar nie n dood is nie. Mag hierdie waarskuwende baie se ore bereik. Soveel nog wat met God spot,nie glo nie. Here Hou my vas dat ek steeds n voorbeeld kan wees vir die wat U nog nie ken of wil ken nie.AMEN?
Ek is 85 en op geleende tyd..nie depressief nie,want ek is gered deur Sy kosbare bloed....gereed vir die hemel, want al my geliefdes is al daar. Vader seën u.
Dankie vir n wonderlike boodskap DR Isak . Jare gelede was jy my Sondagskool onderwysers in Verwoerdburg. My kind is dood op ,1 jr. Die boodskap het vir my baie beteken
Deuteronomium 32:39 > “Sien nou dat Ék, Ék dit is, en daar is geen god by My nie; Ék maak dood en Ék maak lewend; Ék het verbrysel, en Ék maak gesond; en daar is niemand wat uit my hand kan red nie.”
1 Samuel 2:6> “Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat in die doderyk neerdaal en Hy laat opkom.”
Job 1:21 “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen teruggaan; die HERE het gegee en die HERE het geneem; die Naam van die HERE sy geloofd.”
Psalm 68:20 “God is vir ons ’n God van verlossinge, en by die HERE Here is uitkomste uit die dood.”
Handelinge 17:25> “En Hy word ook deur mensehande nie gedien asof Hy iets nodig het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.”
Of julle luister na n valse boodskap oor die dode...of julle luister wat JESUS self gesê het oor die dode..."Wat is hierdie "gees" wat by die dood na God terugkeer? Jak 2:26..Job 27:3..."soos die liggaam sonder gees dood is." (Gees is volgens die Bybel selfde as jou ASEM) ..."Die lewensasem van God is in my neus." Lees Gen 2:7..."in sy neus die asem van lewe geblaas" Kan siele sterf? Wat sê die Bybel? Eseg 18:20.."Die siel wat sondig, die moet sterwe." Niemand gaan hemel toe met afsterwe nie...Die Bybel sê dit...Joh 5:28,29.."Want daar kom n uur wanneer almal wat in die GRAFTE is Sy stem sal hoor en sal uitgaan" Hoeveel weet jy en verstaan jy na die dood? Pred 9:5,6....Ps 115:17...."Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe maar DIE DOOIES WEET GLAD NIKS..nie....Hulle liefde sowel as hulle haat ...het lankal verdwyn. "Want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waarheen jy heengaan nie... Joh 11:11-14 ...Jesus sê die dood is ń slaap...jy SLAAP tot Jesus jou uit die graf kom roep...1Thess 4:15-18.....of jy glo die valse predikant of jy glo Jesus..... Die gelykenis van die ryk man en lazarus is ń GELYKENIS...die Bybel praat van GELYKENISSE..jy kan dit nie letterlik opvat nie...