Iemand het hierdie video hierdie week vir my gestuur en dit het so 'n ongelooflike las van my skouers afgehaal Laat ek verduideliik. Ek woon meer as 15 jaar op 'n griekse eiland waar daar geen kerk is om by te woon nie Daar is 'n Full Gosel maar net en grieks Verder is dit net Grieks Ortodoks. My man is 5 jaar gelede oorlede en nou woon ek alleen hier Was so bemoedig deur jou boodska want op die oomblik voel dit of ek alleen op die eilandd woon Ek het geleer om nie vir hierdie mense te preek nie want hulle hele lewe draai om hulle kerk maar die Here gee my heelwat geleendheid om hier vir Jesus op te lig en te getuig en verder probeer ek om net in liefde te lewe wat nie altyd so maklik is nie. Baie dankie vir die bemoediing om net elke dag te doen wat Jesus se
Ek dink v andag 18 Maart 2024 is die 2de keer dat ek hierdie preek hoor. Maar dis die eerste keer dat ek dit verstaan en ek wou vandag ophou om vir my kinders te bid. Nou verstaan ek dis miskien iemand anders se taak im hulle na Jesus te lei. Ek sal aanhou bid en my deur God laat gebruik al het ek nog nooit enige resultate gesien nie. Dankie Riekert.
WAT ñ bemoedigende boodskap. God werk in mense se lewens! Ons moet net gehoorsaam wees en die res in Sy hande los. Ek het die bdskp. vandag so nodig gehad!! Dankie Riekert!
Dankie Riekert weereens vir n awesome boodskap. Mag die Here my ook gebruik soos Hy wil en ek gehoorsaam sal bly tot die einde toe. Baie seën vir jou en Pippa op jul uitreik. Groete